Nuwe Beeld vir die Noodgevalle Afdeling

  • Dr. L.W. van Gelder

Abstract

'n Studie waarin die mens in sy krisis situasie tydens 'n lewensomstandig heidsverandering uit 'n gedragswetenskaplike oogpunt beskou word. Daar word melding gemaak van werk deur'n aantal navorsers op die gebied van spanning a.g.v. veranderde lewensomstandighede. 'n Reeks van lOO pasiEnte evalueer met die Holmes Rahe sosiale heraanpassingsskaal, by die H.F. Verwoerd hospitaal Pretoria word ontleed. Die gevolgtrekking is dat soos in die gaval van Holmes-Rahe, die Pretoria-reeks bevestig dat organiese siektes bydraend presipiteer mag word deur 'n verandering in die psigobiologiese ewewig soos byvoorbeeld deur 'n lewensomstandigheidsverandering. Ek sal poog om die studie onder drie dele te bespreek.
Section
Original Research