Menopousale klagtes

  • Dr. EJ van Rooyen

Abstract

In die Romeinsa tyd 2000 jaar gelede, was die lewensverwagting van vroue slegs 25 jaar. In die fyftienhonderd jaar daarna het dit slegs met tien jaar toegeneem. Dit was eers in die begin van hierdie eeu dat die gemiddelde lewensverwagtin van vroue die menopousale ouderdom bereik het. Slegs 28% van die vroue in die Middeleeue het tot die menopouse gelewe. In die Westerse lande bereik tans ongeveer 95 % van die vroue die menopouse. Hulle leef vir nog'n derde van hulle lewensduur daarna (Zador 1977).
Section
Review Articles