Die Prostaat: Nuwe Ontwikkelinge

  • Dr T Fourie Parklands Kliniek
Keywords: Prostatic Diseases, Physicians family.

Abstract

'n Kort oorsig oor sekere aspekte van prostaatsiektes word gegee. Eerstens word prostatitis, nl akute prostatitis, kroniese prostatitis en sogenaamde prostaatodinia bespreek na aanleiding van julle simptome, kliniese beeld, speciale ondersoeke en hantering. Daarna word 'n oorsig oor prostatismeof sogenaamde blaasuitgangobstruksie gegee en die verskillende oorsake, kliniese beeld en nuwere spesiale ondersoeke word bespreek. Laastens word 'n kort oorsig oor die waarde van indikasie vir, en die kliniese betekenis van 'n verhoogde serum prostatiese suurfosfatase en verhoogde prostaat-spesifieke antigeenwaarde in die bloed bespreek.

Author Biography

Dr T Fourie, Parklands Kliniek
MBChB, MMed (Urol)
Published
2012-02-25
Section
CPD