Die 21 uur groepspraktyk as moontlike oplossing vir die na-ure dilemma: Deelnemende pasidnte en geneeshere se mening
Keywords:
24-hour group practice, after hour service, practice management
Abstract
Een van die groot veranderinge in stedelike privaatpraktyk die afgelope paar jaar was ten opsigte van die verskaffing van na-ure diens. Die vorming van groepspraktyke, wat die samewerking van verskillende praktyke behels, om 'n na-ure diens by 'n sentrale punt op 'n rotasiebasis te lewer, is 'n uitbreidende tendens. Hierdie stelsel het deels die tradisionele gebruik van Suid-Afrikaanse pasiente, om hul algemene praktisyns direk te skakel, vervang. 'n Groter poel van geneeshere word betrek en sodoende word die las op praktisyns verminder. Hierdie veranderinge is nie slegs tot Suid-Afrika beperk nie, maar is ook die geval in ander lande bv. Australie en Brittanje.
Issue
Section
Original Research
By submitting manuscripts to SAFP, authors of original articles are assigning copyright to the South African Academy of Family Physicians. Copyright of review articles are assigned to the Publisher, Medpharm Publications (Pty) Ltd, unless otherwise specified. Authors may use their own work after publication without written permission, provided they acknowledge the original source. Individuals and academic institutions may freely copy and distribute articles published in SAFP for educational and research purposes without obtaining permission.