Pharos Woordeboek vir die Gesondheidswetenskappe – vertalend en verklarend; Pharos Dictionary for the Health Sciences – translational and explanatory

  • David P van Velden University of Stellenbosch

Abstract

Die opgedateerde, uitgebreide, verklarende en tweetalige Woordeboek vir Gesondheidswetenskappe (WGW) is gebaseer op die Woordeboek van Afrikaanse Geneeskundeterme wat in 1979 verskyn het. Vakwoordeboeke is verouderd nog voor hulle op die rak verskyn; ‘n onvermydelike gevolg van die voortdurende ontwikkeling van die mediese wetenskap en tegnologie. Die nuwe WGW bevat nagenoeg 10 000 nuwe inskrywings en die herdefiniëring van nog sowat 8 000. Daarmee is ‘n waardevolle hulpbron aansienlik uitgebou en ‘n wesenlike bydrae gelewer om die Afrikaanse mediese terminologie uit te brei.

Author Biography

David P van Velden, University of Stellenbosch
MBChB, MPraxMed, MPhil Part-time Lecturer Faculty of Health Sciences
Section
Book Reviews